Ons elkeen ken die swaar en die pyn wanneer dit voel asof God nie ons gebede hoor nie, of dit nie beantwoord nie. Dis die tye wanneer hoekom, waarom en nie-verstaan ‘n groot deel van ons leefwêreld word. Proffie: In my tye van nie-verstaan, wanhoop, waar ek gevoel het my geloof vermors is, was daar altyd hoop. God het altyd deurgekom - Hy mors nie met my geloof nie. Ek het geleer om te volhard, vas te hou… Hy hoor my en sal altyd, op Sy eie manier deurkom vir my!
Wie was hy? Hy was ‘n populêre jongmens met ‘n belowende toekoms. Hy het gedroom oor ‘n goeie werk, vriende, ‘n familie en ‘n lewe wat saakmaak. Oornag het sy omstandighede verander en sy drome (saam met sy land en godsdienstige instelling) is vernietig. Hy was weggevoer na ‘n vreemde land waar hy moes aanpas in ongemaklike omstandighede deur vir die heerser te werk. Hy het alle rede gehad om die regering te haat vir wat hulle aan hom gedoen het – en hy het ernstig verskil met...